Sedert 1984
 
 






   

 

 

 

 

 

Ons bied jaarliks 'n funksie aan vir die bejaardes in ons gemeenskap. Ons het in 2002 begin met die projek toe ons bejaardes uitgenooi het na die personeelkonsert en hulle na die tyd onthaal het met verversings. Hierdie projek het gegroei tot 'n funksie waar ons ongeveer 1000 bejaardes onthaal.

Die funksie wat ons aanbied is in die vorm van 'n ontbyt. Ons laai die bejaardes by hul woonplekke op en vervoer hulle dan met 12 busse na die plaas, The Willows, van Dirk en Karin Bredenkamp. Daar sit ons vir hulle 'n heerlike ontbyt buite in die tuin voor.

Gedurende die ontbyt word die bejaardes vermaak deur 'n gaskunstenaar. In 2003 was Philip en Ella Kotze die kunstenaars en in 2004 was Al Debbo die gaskunstenaar.In 2010 het Lucas Maree ons gaste betower.

Hierdie geleentheid word gratis aangebied vir die bejaardes danksy borge en ook donasies van ons ouers. Hierdie projek is 'n geleentheid waar die skool iets teruggee aan hulle wat vir ons soveel gedoen het as voorgangers op die lewenspad.

Graag wil ons die volgende persone en instansies bedank wat die dag monntlik gemaak het:

Lucas Maree
Dirk en Karen Bredenkamp
Danie Nortjè

En nog vele meer!


Seniorburgerfunksie














   













 

   
Hudsonrylaan 24
Fichardtpark
Bloemfontein
9301
Ons sê graag dankie!
6Onsns ns nsns