Akademie
By Hoėrskool Fichardtpark is akademie ons kernbelang en beskik ons oor top gehalte leerkragte.
Moderators en eksaminators:
Cicilia van Heerden
Eksaminator Lewenswetenskappe (Vrystaat)
Urma Myburgh
Eksaminator Verbruikerstudies (Vrystaat)
Marie-Louise Swanepoel
Eksaminator Toerisme (Vrystaat)
Louw Prinsloo
Interne Moderator Fisiese-Wetenskappe (Vrystaat)
Madeline Venter
Interne Moderator Rekenaartoepassingstegnologie (Nasionaal)
Nadia Joubert
Eksaminator Wiskunde Gr. 9 (Vrystaat)
Ons dryf die visie van n akademiese kultuur. Leerders wat akademies presteer, word op verskillende wyses beloon.
Met die gebruik van die sterkaartstelsel om daagliks op akademiese vlat te presteer.
Die top akademiese leerders word ook beloon met n jaarlikse akademiese toer.
Einstein-Klub
Vanaf 2020 sal daar n Wiskunde/Fisiese wetenskap - klub by Hoėrskool Fichardtpark wees.
Leerders van gr 8 tot gr 11 sal volgens November eksamen se Wiskunde/Fisiese wetenskappunte verkies word.
Die top 10 - Wiskundeleerders per graad en die top 10 - Fisiese wetenskapleerders per graad sal deel van die Einstein-klub uitmaak. Elke leerder sal ook n balkie ontvang.
Koste daaraan verbonde: Geen
Wat gaan die leerders doen?
Leerders gaan aan die SAMO en AMESA deelneem, asook:
Kwartaal 1 [Wiskunde]
- Wiskundekompetisie. Leerders word in 2 spanne verdeel en neem teen mekaar deel
- Verrykingsessie
Kwartaal 2 [Wiskunde]
- Bring n maat -sessie . Werk vraestelle voor Junie - eksamen uit
- Uitstappie in Bloemfontein
Kwartaal 3 [Fisiese-wetenskap]
- Eksperimentsessie
- Fisiese-wetenskap verrykingsessie
Kwartaal 4
- Kuieraand
- (Gr 12 is nie betrokke nie)
- (Nooi top 10 gr 8s)