CHEERLEADERS

Cheerleading word met entoesiasme aangebied by Hoërskool Fichardtpark die afgelope paar jaar.

Om ‘n cheerleader te wees verg inspanning, toewyding en krag, iets wat duidelik deur ons wapen – die leeu – uitgebeeld word.

Daar is twee Cheerleading spanne: Die All- Girls wat bekend staan as die Lightning Lions en die Co-Ed, seuns en meisies, wat bekend staan as die Thunder Lions.

Die cheerleaders werk baie hard en neem reg deur die jaar aan verskillende kragmetings en kompetisies deel en hulle gaan elke jaar Nationals toe om hulle kragte te meet teen ander top cheerleading skole in die land.

As jy jouself fisies en psigies wil uitdaag, kom raak deel van die cheerleaders dit beloof om ‘n ongelooflike ervaring te wees.

FOTO GALLERY