KRIEKET

Die algemene doelwit van Hoërskool Fichardtpark se krieket is dat elke speler die sport van krieket te volle moet geniet en sy persoonlike potensiaal bereik en verbeter.

Verder streef Fichardtpark daarna om al ses spanne in die top vier van hulle verskeie liga’s te laat eindig.

Daar is 5 kolfblaaie op die terrein en vier krieket nette en al die geriewe voldoen aan die hoogste standaarde.Die kolfblaaie was ook al gebruik vir die 0/18 Coca Cola Kaya Mojola week en die nasionale 0/17 toernooi.

FOTO GALLERY