KOOR EN MUSIEK

Hoërskool Fichardtpark het ‘n gemengde koor wat in 2018 uit 65 lede bestaan.

Sedert 2004 staan  die koor onder die leiding van Dr. Joanita Erasmus-Alt. In 2008 en 2010 het die koor suksesvolle toere na die buiteland onderneem met optredes in Praag, Budapest en Venesië.

Die koor presteer jaarliks tydens die Vrystaatse Kunswedstryd en die St. Michael’s Music Festival en het al verskeie A+ en A++ simbole behaal.

In 2017 het die koor ‘n konsert met Coenie de Villiers aangebied en vanjaar is Mathys Roets die gaskunstenaar tydens ons kers-, vers- en melodie-aand. In Mei tree die koor in die Sand du Plessis-teater op as deel van die 2018-Moments-produksie saam met kunstenaars soos Corlia Botha, Sonja Herholdt en Jannie Moolman, om net ‘n paar te noem.

Musiek

Hoërskool Fichardtpark het ‘n musiekdepartement waar leerlinge individuele onderrig in klavier en blokfluit kan ontvang.

Onderrig van ander instrumente word deur die skool gesubsideer. Vakmusiek word tot op Gr. 12-vlak aangebied.

In 2017 het een van ons leerlinge, Reneé Ferreira, as solis saam met die Vrystaatse Simfonie-orkes opgetree.

Die departement het ‘n instrumentale ensemble bestaande uit verskeie instrumente: blasers,strykers en klawerbord-instrumente

FOTO GALLERY