PLUIMBAL

Pluimbal is nie ‘n amptelike sportsoort van Hoërskool Fichardtpark nie, maar word finansieel ondersteun.

Ons leerders het ‘n tydgleuf elke Dinsdag en Donderdag vanaf 14h30 tot 16h00  by Fichardtpark Sportklub vir amptelike oefening.  Vir die voorreg moet elke leerder R55 per maand betaal om aan die klub te behoort.

Hulle kry dan afrigting en speeltyd. Daar is tans 25 kinders wat by die klub pluimbal speel.  Elke jaar lewer talle provinsiale spelers op.

Interessante feite oor pluimbal: 

*Ons skool het al twee Springbokke en Olimpiese deelnemers opgelewer nl.  Anneri Viljoen en Wian Viljoen, asook talle provinsiale spelers.

*Pluimbal is vinnig, opwindend en ontploffend, die vinnigste rakketsport in die wêreld met houe wat to 495 km/h bereik

*Pluimbal is naas yshokkie, die tweede vinnigste sportsoort in die wereld.

*Pluimbal is ‘n Olimpiese sport.

*Pluimbal word gespeel deur meer as 150 miljoen mense, is die vyfde mees deelnemende sport in die wêreld en word gespeel deur 160 lande.  Suid Afrika het ongeveer 12 000 spelers.

*Pluimbal is maklik om te speel, maar baie moeilik om goed te speel.

*Pluimbal is onafhanklik van weer, ‘n binneshuise sport, gespeel deur 5 tot 85 jariges op ‘n relatiewe klein speel area.

*Pluimbal word gespeel deur manlike en vroulike spelers en is ‘n baie sosiale sport.