TWIZZA FICHARDTPARK RUGBY

Hoërskool Fichardtpark is baie trots op sy rugby spanne en spelers. Ons beskik oor 9 rugby spanne wat in die A-afdeling meeding van die Vrystaatse Hoërskole Vereniging.

Afrigting vind op ‘n baie hoë vlak plaas. ‘n Somer-program word gevolg in die gimnasium en op die veld met alle ouderdomsgroepe. ‘n Voltydse gym instrukteur is aangestel om in samewerking met Dirkie Groenewald die seuns te kondisioneer. Alle spanne woon elke jaar ‘n oefenkamp by.

Ons jaarlikste hoogtepunt is die Mcdonald’s-Sportdag wat van die grootste sportdae in sy soort is. Van die beste spanne ding hierdie dag teen mekaar.

Ander sportdae wat bygewoon word is: Goudveld, Rooiskool en Diamantveld. Ons is ook deel van die Sentrale Skole Reeks kompetisie.

In samewerking met Twizza bied ons elke jaar ons jaarlikse rugby toernooi aan op ons eie velde. Die toernooi is baie gewild en in 2013/14/15/16 en 2017 het 36 spanne deelgeneem van o/14 tot o/19. Die toernooi is trots Fichies!

Hoërskool Fichardtpark is baie trots om ‘n hoofborg soos Twizza te hê. SA Homeloans en Freshbake is nog borge by ns Eerstespan se Rugby toernooie.

Alle spanne word voorsien met rugby truie. Fichies het sy eie rugby broek waarmee seuns speel, verkrygbaar net by die skool.

FOTO GALLERY