SKAAK

Fichardtpark bied jaarliks die Fichardtpark skaaktoernooi tydens die Fichardtpark sportdag aan. Dit vind gewoonlik plaas die eerste naweek in Maart. Hierdie jaar was die hoogs suksesvolle skaaktoernooi  weer deur 22 spanne bygewoon.

Ons spanne neem ook jaarliks deel aan die Grey skaaktoernooi.

Ons skaakspanne neem ook gedurende die tweede en derde kwartaal deel aan die Chessa skaaktoernooi waar ons deelneem in O/15, 0/17 en O/19 ligas. Ons skool het in die afgelope 10+ jaar telkens óf die liga waarvoor ingeskryf gewen óf is in die top 3 plekke geplaas.

Die individuele skaakspelers in Fichardtpark is van uitstekende gehalte. Ons het elke jaar verskeie leerders wat ook die Vrystaat op provinsiale vlak verteenwoordig.

FOTO GALLERY