TENNIS

Die tennisspelers sien uit na n jaar vol opwinding op die tennisbaan. Ligawedstryde en ñ toer na Bethlehem lê voor.Twee spanne het  deelgeneem aan die McDonaldssportdag.Dit was uitstekende voorbereiding vir die res van die jaar se kompetisies

Ons maak gebruik van ñ professionele afrigter wat ons spelers op Maandae vir n uur afrig, sonder ekstra koste vir die ouers. Daar is ook elke Dinsdag en Donderdag tennisoefeninge waar leerders verder kan verbeter.

Nuwe spelers se vlak van spel word in ag geneem en daar word ook aan hul behoeftes voldoen.

Die liga wedstryde word teen omliggende skole gespeel, asook skole van die platteland.

Die toer na Bethlehem vind in September plaas . Skole van oraloor neem deel.

Oefentye:

Maandae:    14h30 – 15h30 (Professionele afrigting)

Dinsdae:       14h30 – 15h30

Donderdae: 14h30 – 15h30

Woensdae:  Ligawedstryde

FOTO GALLERY