Designed and built with care, filled with creative elements

Skakel Ons: 051 522 6927

Volg Ons op Sosiale Media

Top
Image Alt

Einstein-Klub

Einstein-Klub

Wat is die klub?

Die Wiskunde/Fisiese wetenskapklub is in 2020 gestig by Hoërskool Fichardtpark.

Fichies het elke maand, Einsteiner van die maand. Verskillende grade kry kans om die 5-punt toets op te stel. Dit moet bestaan uit 2 algemene kennis vrae en 3 Wiskundige vrae.

Ons neem ook deel aan die Netwerk 24 Wiskunde kompetisie. Ons het in 2023 R10 000 ontvang vir die meeste deelnemers in die graad 10 tot 12 afdeling.

Graad 8 en 9 leerders wat in November eksamen 90% of meer ontvang Vir Wiskunde, word gekies vir die Einsteinklub.

Graad 10 en 11 leerders wat in November eksamen 80% of meer ontvang vir Wiskunde, word gekies vir die Einsteinklub.

Wat doen mens by die Einstein-klub?

Leerders neem deel aan die SAMO en AMESA, asook:

Kwartaal 1 [Wiskunde]

· Wiskundekompetisie. Leerders word in 2 spanne verdeel en neem teen mekaar deel.

· Verrykingsessie

Kwartaal 2 [Wiskunde]

· “Bring ‘n maat” -sessie . Werk vraestelle voor Junie eksamen uit.

· Uitstappie in Bloemfontein.

Kwartaal 3 [Fisiese wetenskap]

· Eksperimentsessie

· Fisiese wetenskap verrykingsessie

Kwartaal 4

· Kuieraand

(Gr 12 is nie betrokke nie)

(Nooi top 10 gr 8’s)