Designed and built with care, filled with creative elements

Skakel Ons: 051 522 6927

Volg Ons op Sosiale Media

Top
Image Alt

Debat

Hoërskool Fichardtpark se debat vind in die tweede en derde kwartaal plaas. Die leerders vorm hulle spanne wat uit drie leerders bestaan.

 

Die juniorspanne is van graad 8 – 9 en die seniorspanne van graad 10-12. In die verlede was daar 10 spanne wat aan die interne debatvoering deelgeneem het.

 

Die leerders praat onvoorbereid, wat beteken dat hulle die onderwerp ontvang en dan net 5 minute, as ‘n span, kry om voor te berei.

 

Daarna kry elke spanlid ‘n beurt om sy standpunt te lig. Nadat altwee spanne ‘n spreekbeurt gehad het, is daar 7 minute tyd om vrae aan mekaar te vra.

 

Gedurende die derde kwartaal neem ons leerders aan die jaarlikse Dink of Sink debatkompetisie deel.

 

Die Redenaars neem jaarliks deel aan die ATKV-Redenaars landswye kompetisie.