Designed and built with care, filled with creative elements

Skakel Ons: 051 522 6927

Volg Ons op Sosiale Media

Top
Image Alt

Leerderondersteuning

SVO

Hoërskool Fichardtpark

Sentrum vir Voorligting, Ontwikkeling en Ondersteuning

Ons Sentrum vir Voorligting, Ontwikkeling en Ondersteuning (SVO2) bied die volgende dienste aan die leerders van Fichardpark Hoërskool:

  • Skolastiese assesserings vir die identifisering van leerstruikelblokke
  • Aansoeke vir alternatiewe wyses van assessering tydens toetsreekse en eksamens (Konsessies ) – “link na konsessie-beleid”
  • Akademiese ondersteuning en motivering
  • Studiemetodes
  • Voorligting vir vakkeuses (Gr 9)
  • Emosionele Ondersteuning
  • Maatskaplike ondersteuning

 

Verwysings na die sentrum kan gemaak word deur leerders, ouers of onderwysers

Kontak ons:

Sielkundige

Anneri

Anneri Helmand – Sielkundige

E-pos: svo2@fpark.co.za

051 522 6927

Maatskaplike werker

Elsabé

Elsabé Bester – Maatskaplike werker

E-pos:  maatskaplik@fpark.co.za

051 522 6927

Konsessiebeleid

Inklusiewe Onderwys is deur die onderwysdepartement ingestel, wat beteken dat daar weggedoen is met meeste spesiale skole en spesiale klasse. Leerders met leerhindernisse, soos disleksie, ADHD, ADD, ens.moet dus in hoofstroomskole geakkommodeer word. Eksamentoegewings/konsessies is ingestel om ’n getroue weergawe te kry van die leerder se kennis en vaardighede, ten spyte van die leerder se unieke leerhindernis. Die konsessies mag egter nie die standaard van die assessering verlaag nie en mag ook nie die leerder bevoordeel teenoor die leerders wat op die gewone manier geassesseer word nie.

*Konsessies word jaarliks deur die Onderwysdepartement her-evalueer. Dit is dus nie ’n gegewe dat die leerder elke jaar goedkeuring sal kry vir konsessies nie.

Let wel: Konsessies word slegs tydens eksamens deur die skool se konsessieafdeling gereël en bestuur. Indien ‘n leerder tydens klasassesserings van die konsessies wil gebruik maak, is dit die leerder se verantwoordelikheid om dit met die konsessieafdeling te reël.