
Hier by Hoërskool Fichardtpark fokus ons nie slegs op sport en akademie nie, maar ook grootliks op kulturele aktiwiteite.
Drama is in 2015 as ‘n keusevak by ons skool ingestel en die leerders floreer in hierdie vak weens sy praktiese en akademiese aspekte.
‘n Hoogtepunt vir Drama is ons jaarlikse Musiekblyspel of drama produksie. Al die produksies se regie is deur meer as 800 mense bygewoon
Vorige produksies sluit in: To love on Skid Row, Romeo en Julie het ‘n probleem, Hoërskool Blues, Boudjie van my Vroutjie, Rekenskap en Van Glas. Al hierdie produksies se regie is deur Hoërskool Fichardtpark se eie Drama – onderwyseresse aangepak.
Ongeveer 70 leerders neem gewoonlik deel en hulle kan getuig dat dit ‘n wonderlike en verrykende projek is.
Ons jaarlikse Drama – toere na die Klein Karoo National Kunstevees (KKNK) in Oudtshoorn, of Kursusse voorsien hope pret en stel leerders aan ‘n verskeidenheid kunsvorme bloot.
Die afgelope 3 jaar neem ons ook deel aan die ATKV Tienertoneelkompetisie en behaal uitstekende prestasies in die streek.
As jy aan jouself ‘n uitdaging wil stel, jou selfvertroue ‘n hupstoot wil gee en lewenslange herinneringe wil maak, word dan deel van die Drama hier by Hoërskool Fichardtpark!
“Drama is life with the dull bits cut out.” – Alfred Hitchcock