Designed and built with care, filled with creative elements

Skakel Ons: 051 522 6927

Volg Ons op Sosiale Media

Top
Image Alt

Krieket

Die skool skryf 4 spanne in vir die jaarlikse Motheo-liga. Daar is ‘n vyfde ekstra 0/15 krieket span, wat slegs aan vriendskaplike wedstryde deelneem.  Wedstryde word in die eerste en vierde kwartaal gespeel. Verskeie kriekettoere word tydens September en Oktober onderneem.

 

Die Motheo-superliga bestaan uit 10 spanne wat al die top spanne van Bloemfontein insluit. Die 0/19-liga strek oor die begin van die 4de kwartaal en sluit af in die 1ste kwartaal. Die 0/15-liga begin in die 1ste kwartaal en eindig in die 4de kwartaal.

 

Hoërskool Fichardtpark het nou al vir die afgelope 4 jaar die Fichie Bash, wat ‘n interne toernooi vir Graad 8 tot 12 leerders is. Die afgelope twee jaar word die beste 5 spelers van die omliggende laerskole genooi om deel te wees van hierdie toernooi. Ons poog om vir die eerste keer in 2024 die heel eerste Kovsie Smash aan te bied wat uit 16 spanne regoor die land bestaan.

 

Hoërskool Fichardtpark beskik ook van ‘n voltydse krieket akademie.

 

Krieket prestasies:

A-Liga Kampioene 2021

Deel van die 2022 A-Liga Finaal

2023 Onoorwonne tydens die JF/BMW toernooi

4 Motheo O/16 spelers

4 Motheo O/19 spelers

1 SA Platteland speler – wat toer na Indie