Skoleskiet is een van die sportsoorte by Fichardtpark wat baie goed presteer.
Alhoewel ons ‘n senior en juniorspan het, is dit eintlik ‘n individuele sport en skuts kompeteer baie hard met hulself en hul spanmaats om hul beste telling telkens te verbeter.
Ons skool is een van min skole in die Vrystaat wat ‘n baie netjiese en goed ingerigte, binnenshuise skietbaan het. Provinsiale skietkompetisies, bekend as prysskiet, word geskiet in die binnenshuise baan.
Hoërskool Fichardtpark beskik ook van 18 skool gewere wat op huurbasis uitgeleen kan word vir skuts wat nie hul eie gewere het nie.
Wat behels skiet:
Daar word geskiet met MPR en T200 gewere wat met gas en loodpellets werk.
Elke geweer het ‘n klein gassilinder wat telkens volgemaak word. Die skool voorsien duiksilinders vir hierdie doeleinde .
Daar word in kniel, staan en lê-posisies geskiet oor ‘n afstand lyk van 10m, na ‘n kaart met 20 teikens, wat soos ‘n klein kolletjie lyk op hierdie afstand.
Dit is ‘n sport wat ongelooflike selfdissipline, kalmte, inoefening en selfvertroue vereis. Die leerders wat by skiet betrokke raak, raak verslaaf aan die sport.
Daar word elke dag vir langure geoefen op die baan.