Mnr H van der Merwe
Hoërskool Fichardtpark is `n Afrikaanse Hoërskool met `n Christelike karakter. Ons besef dat die hoërskooljare belangrike vormingsjare is. Ons wil elke leerder se talente en vaardighede ontwikkel om uiteindelik in `n selfstandige volwassene te transformeer.
Hier by Fichardtpark wil ons graag in jou as jongmens belê en jou totale menswees aanraak met die volgende waardes:
GELOOF
DIENSBAARHEID
INTEGRITEIT
RESPEK
UITNEMENDHEID
Akademie is ons kernbelang met top gehalte leerkragte. Fichardtpark fokus verder ook op `n balans tussen sport en kultuur.
Akademie ons prioriteit
Sport ons passie
Kultuur ons trots
Fichardtpark – Jóú Voorkeurskool