Hoërskool Fichardtpark Koshuis
Fichie Huis, Hoërskool Fichardtpark se koshuis wat sedert 2024 deel vorm van ons skoolgemeenskap, is veel meer as net ’n plek om te slaap – dis ’n lewende gemeenskap, ’n plek van verbondenheid en groei.
As die hartklop van die skool bied Fichie Huis ’n waardegedrewe tuiste waar leerders ondersteuning, vriendskap en ’n gevoel van samesyn ervaar. Ons verwelkom met trots leerders van regoor die platteland, dorpe en stede, en nooi hulle uit om deel te word van die Fichie-familie – ’n ware huis, selfs wanneer jy weg is van jou eie.
Vir navrae i.v.m. kostes, keuring asook die verkryging van toelatingsvorms, kontak die koshuishoof: Me. N Kruger
koshuis@fpark.co.za
