Hoërskool Fichardtpark het ‘n gemengde koor wat in 2023 uit 40 lede bestaan.
Sedert 2004 staan die koor onder die leiding van dr Joanita Erasmus-Alt.
In 2008 en 2010 het die koor suksesvolle toere na die buiteland onderneem met optredes in Praag, Budapest en Venesië.
Die koor presteer jaarliks tydens die Vrystaatse Kunswedstryd en die St. Michael’s Music Festival en het al verskeie A+ en A++ simbole behaal.
In 2017 het die koor ‘n konsert met Coenie de Villiers aangebied en in 2018 was Mathys Roets die gaskunstenaar tydens ons kers-, vers- en melodie-aand. In 2019 het die koor die verhoog gedeel met Joshua na die Reën.
In Mei 2019 het die koor in die Sand du Plessis-teater opgetree as deel van die Moments-produksie saam met kunstenaars soos Corlia Botha, Sonja Herholdt en Jannie Moolman.
Fichardtpark se skoolkoor is in 2022 tydens die Vrystaat Kunswedstryd aangewys as die beste gemengde koor in die stad.