Designed and built with care, filled with creative elements

Skakel Ons: 051 522 6927

Volg Ons op Sosiale Media

Top
Image Alt

Hokkie

Hoërskool Fichardtpark se hokkie is uiters mededingend en ons kompeteer teen die beste spanne in Bloemfontein! Talle spelers word jaarliks in provinsiale spanne opgeneem, wat ‘n klinkklare bewys is dat Fichies passievol is oor hul hokkietalent.

 

Die eerstespanne kry ook die geleentheid om gedurende die April-vakansie ‘n hokkiekliniek êrens in ons land by te woon, net om vir daardie finale afronding te sorg.

 

En kyk! As die wiele rol, is ons eerste in die bus, gereed om ook teen plattelandse spanne mee te ding gedurende ons jaarlikse inters teen, onder andere: Noord-kaap, Witteberg en Goudveld.

 

Fichies spog ook met uiters bekwame afrigters wat passievol oor die sport is, onder andere,, mnr Jacques van der Merwe (Vrystaat Senior Mans – speler), mnr Charles de Andrade (FIH level 2 afrigter), mnr Michael Combrinck (FIH level 1 afrigter), mev. Liezl Lombard en mev San-Marie Fourie.

 

Hoërskool Fichardtpark spog ook met ‘n volledige astro en mini astro-hokkiebaan!

 

Hokkie 2023 prestasies:

Seuns eerstespan:

Bloemfontein A-liga kampioene

Vrystaat beker kampioene

Wesgrow kampioene