Sorry, no posts matched your criteria.

Hoërskool Fichardtpark
Ons o.15A krieketspan neem aan die Rosestad kriekettoernooi in Bloemfontein deel. Wedstryde word op krieketvelde regoor die hele stad gespeel. Alhoewel Fichies gister teen Welkom Gimnasium vasgeval het, kan ons vandag spog met 'n reuse oorwinning van 9 paaltjies teen Hoërskool Sentraal. Fichies wen die loot en stuur Tralies in om te gaan kolf en beperk Tralies tot 138 almal uit.
Beste boulers:🏏
Roelof Herbst
3 paaltjies vir 21 lopies.
Tobie v Vuuren
2 paaltjies vir 30 lopies.
Beste kolwers:🏏
Roelof Herbst 50(46)
Pieter de Bruyn 49(70)
Fichies wen met 9 paaltjies.
#fichiekrieket #fichietrots #fichiesport
Kara Kruger, Graad 10 is gekies vir die ASSA -SAMTC (South African Mathematics Team Competition) as deel van die EMS Siyancoba FS / NC Senior 1 span.
Die ASSA-SAMTC kompetisie is 'n interprovinsiale wiskunde kompetisie, vergelykbaar met enige van die interprovinsiale sport-kompetisies, maar dan vir leerders wat presteer in Olimpiade Wiskunde. Dit word nasionaal geborg deur die Actuarial Society of South Africa ( ASSA ) en aangebied deur die SA Mathematics Foundation (SAMF) - wat ook die nasionale SAMC en SAMO kompetisies jaarliks reel.
Om gekies te word as deel van een van die spanne wat aan die SAMTC deelneem, moet leerders verskeie buite-ure opleidingsdae bywoon en toetse skryf om hul wiskunde-kennis te toets. Hierdie is soos die uitdunningstoetse of proewe wanneer leerders vir provinsiale sportspanne gekies word. Daar is buitengewone standaarde wat gestel word - en nie enige leerder wat goed doen in skool-sillabus-wiskunde, haal die spanne nie, omdat die Olimpiade Wiskunde sillabus heelwat meer inhoud behels as wat in die skool behandel word.
Kara het die Senior 1 span, dws eerste span, gehaal, al is sy hierdie jaar net in graad 10, en moes sy meeding met leerders van graad 11 en 12 wat al vorige jare in die span was. Sy is dan ook gekies as die leier van die span. Die leier het die taak om die spankompetisie-gedeelte, waar spanlede saamwerk om 10 probleme in een uur op te los, te bestuur en die uiteindelike antwoorde wat die span vir die probleme bereken, op te teken en deur te gee vir organiseerders om te merk.
Die EMS Siyancoaba FS/ NC span het nasionaal 11e gekom uit 67 deelnemende spanne - waarvan sommige dan 2e en 3e spanne van ander provinsies/ areas insluit. Dit is baie goed en ons is trots op die prestasie.
#fichieakademie #fichietrots #joudrome #joutoekoms #onspassie
Op die vooraand van Erfenisdag, het die matrikulante van Hoërskool Fichardtpark hul matriekafskeid met die tema Trots Suid-Afrikaans geniet.
Die aand was betower met heerlike kos, pragtige protea-blomme, boeremusiek verskaf deur die Grey Kollege Primêr Boereorkes, boodskappe van motivering en lekker dans en kuier as ‘n matriekgroep. Dankie aan die gasvryheid en mooi onthaal verskaf deur Leopards & Lace.
Dit was ‘n TROTSE geleentheid waar Fichies se harte ook met TROTS ‘n hoofstuk van hul skoolloopbaan kon afsluit.
#fichieTROTS #joutoekoms #joudrome #onspassie #fichiematrieks26
Vandag vier ons die tale, tradisies en stories wat Suid-Afrika so besonders maak. Mag ons met trots onthou waar ons vandaan kom en met respek saam aan die toekoms bou.
#joudrome #joutoekoms #onspassie
Mag die jaar gevul wees met vreugde, avontuur en liefde!
#fichiefamilie #fichietrots #fichiedrome #voorkeurskool
Maak seker jou kind sien duidelik en is gereed om sy/haar beste te gee. Kontak Econo Optometrists vandag nog vir ’n afspraak.
@econooptometrists
Sien beter. Presteer beter! ♟️
Die volgende skakel gee toegang tot die uitsending van ons matrikulante se aankoms by die Matriekafskeid 2026.
https://www.youtube.com/live/_JuP2h8HbpU?si=vs9xi5RUtWxI9fvm
Rus lekker, maak mooi herinneringe en geniet elke oomblik. Ons sien julle weer Dinsdag, 6 Oktober 2026!
#joudrome #joutoekoms #onspassie
Dag 2 by Imla Gasteplaas was behoorlik vol avontuur!
Ons Fichies het vandag die berg aangedurf en deur die asemrowende kloof gestap, waar hulle die mooi natuur behoorlik kon inneem en waardeer. Daarna was dit tyd vir ’n bietjie meer aksie met die gladiator slide en ’n heerlike swemsessie!
Die obstacle course het ook vir baie pret gesorg — en natuurlik het niemand skoon daarvan afgekom nie! Modder, water en hope lag was beslis deel van die ervaring.
Vanaand sluit ons die dag af met ’n lekker potjiekoskompetisie, waarna ons saam tyd maak vir ’n spesiale praise & worship-sessie.
Baie dankie aan Imla Gasteplaas vir julle ongelooflike gasvryheid en vir die lekker kamp wat julle vir ons Fichies aangebied het. Ons het elke oomblik geniet en gaan beslis met baie spesiale herinneringe huis toe.
@imlafarm
#joudrome #joutoekoms #onspassie