
Die netbal streef na uitnemendheid en daarom het ons vir Karla Pretorius, Protea speler as hoof-afrigter by Hoërskool Fichardtpark, met Karla as afrigter by die skool word elke speler ten volle ontwikkel.
Die netbal doen ook ‘n voorseisoen met hulle spanne wat help met die voorbereiding vir die liga.
Jaarliks toer die netbal in die Maartvakansie na Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria waar hulle aan ‘n toernooi deelneem.
Die netbal neem aan die A-liga in Bloemfontein deel asook die WesGrow reeks.
Dit is vir die netbalafrigters belangrik om ‘n holistiese netbalspeler te ontwikkel sodat die spelers se passie vir die sport sal bly voortleef.