Designed and built with care, filled with creative elements

Skakel Ons: 051 522 6927

Volg Ons op Sosiale Media

Top
Image Alt

Swem

Hoërskool Fichardtpark neem deel aan die jaarlikse Interskole en verskeie plaaslike swemgalas.  Swem kan ‘n alleensport wees wat baie selfdissipline verg, maar met baie oefening verwag Fichardtpark nog groot dinge vir die swemspan in die toekoms.

Fichies neem ook deel aan die jaarlikse Interskole en verskeie plaaslike swemgalas.  Swem kan ‘n alleensport wees wat baie selfdissipline verg, maar met baie oefening verwag Fichardtpark nog groot dinge vir die swemspan in die toekoms.

Een groot hoogtepunt op ons swemkalender is ons jaarlikse BEEDAY.  Dit is ‘n feestelike geleentheid met die hele skool wat die oggend by die Stadion-swembad deurbring.  Dit is terselfdertyd ‘n ernstige okkasie, aangesien dit dien as proewe vir die swemspanne wat gekies word.

Die dag word opgevrolik met dirigente en die verskillende huise wat teen mekaar kompeteer vir die beste gees.

Ná die gala word die beste swemmer in elke ouderdomsgroep aangewys. Die hoogtepunt vir die toeskouers is die oorhandiging van die geesbeker vir die huis met die beste gees.

Professionele swemmers sluit aan by die swemklubs in Bloemfontein. Die swemmers wat nie betrokke is by swemklubs nie, oefen saam die skoolafrigters by Rosenhofswembad.