Designed and built with care, filled with creative elements

Skakel Ons: 051 522 6927

Volg Ons op Sosiale Media

Top
Image Alt

Hoërskool Fichardtpark 40 Jaar Feeskonsert

  /  Events
Loading Events
  • This event has passed.

18

Jul

Hoërskool Fichardtpark 40 Jaar Feeskonsert

July 18, 2024 @ 6:30 pm - 9:00 pm

Dit is vanjaar die veertigste bestaansjaar van die Hoërskool Fichardtpark. Om hierdie mylpaal in die skool se geskiedenis te vier, word daar op 18 Julie ’n groot feeskonsert in die skoolsaal aangebied. ’n Massakoor bestaande uit al die graad 8- en graad 9-leerlinge, die skoolkoor, oudkoorlede en die Klinkklaar Vokale Ensemble sal by die geleentheid optree. Benewens vriende van die skool wat oor baie jare saam met die skoolkoor opgetree het, sal die volgende oudskoliere en –personeellede verdere luister aan die aand verleen: Lydia du Plessis (koorleier 1987‒2004), Jacobus Silwer (matriek 1998; sang), Louwna Erasmus (matriek 1990; kontrabas), Jaco Spies (matriek 2001; perkussie), Luzanne Eigelaar (matriek 2008; klavier), Diandra Steenekamp (matriek 2011, viool), Ellané Kotzé (matriek 2014) en haar ma, Ella Kotzé (sangduet), die Huygen Trio (matriek 2021 en 2023; sang), en Renée Ferreira (matriek 2017; blokfluit). Mario Lategan tree as programleier op. Dit is vir die Hoërskool Fichardtpark ’n groot voorreg om op hierdie aand ook die verhoog te deel met Coenie de Villiers wat onder andere sy groot treffer “Karoonag” saam met die massakoor sal sing. Vir besprekings, kontak Joanita Erasmus-Alt by 082 886 1888. Die konsert word geborg deur Akademia en die Kunstetrust.

Event Details

Date: July 18, 2024 @ 6:30 pm - 9:00 pm
Time: 6:30 pm - 9:00 pm
Venue: Fichardtpark
Address: 24 Hudson Drive, Fichardt Park