Hoërskool Fichardtpark 40 Jaar Feeskonsert
Fichardtpark 24 Hudson Drive, Fichardt Park, BloemfonteinDit is vanjaar die veertigste bestaansjaar van die Hoërskool Fichardtpark. Om hierdie mylpaal in die skool se geskiedenis te vier, word daar op 18 Julie ’n groot feeskonsert in die skoolsaal aangebied. ’n Massakoor bestaande uit al die graad 8- en graad 9-leerlinge, die skoolkoor, oudkoorlede en die Klinkklaar Vokale Ensemble sal by die geleentheid optree. Benewens vriende van die skool wat oor baie jare saam met die skoolkoor opgetree het, sal die volgende oudskoliere en –personeellede verdere luister aan die aand verleen: Lydia du Plessis (koorleier 1987‒2004), Jacobus Silwer […]